Herstel die Boere Republieke

ONTSTAAN:

Die Assosiasie en Koalisie vir die Herstel van die voormalige internasionaal erkende BoereRepublieke [AKHBR] het ontstaan na aanleiding van die besluit wat die parlement van die Republiek van Suid-Afrika op 27 Feb. 2018 [Majubadag] geneem het, waarvolgens Artikel 25 [Eiendomsklousule] van die Grondwet gewysig moet word ter onteiening van eiendom sonder vergoeding. Die parlament het die publiek uitgenooi om hul ondersteuning of teenkanting te kenne te gee en het een van die lede van die AKHBR hul teenkanting ingedien:  2018 BESWAASKRIF M.B.T. ARTIKEL 25 WYSIGING .

DOEL:

  1. Om die soewereiniteit van beide die Zuid-Afrikaansche Republiek [ZAR] en die Republiek van die Oranje Vrijstaat [OVS] te verwesentlik, ter vervulling van die Geloftes van Bloedrivier en Paardekraal, in ag genome Bybelse norme en profesie en die Vredesverdrag van Vereeniging.

  2. Om die beoogde instelling van die aangekondigde Nuwe Wêreld Orde [NWO] binne dié grondgebied te verhoed. Huidig wend die AKHBR hul tot die Hooggeregshof in Pretoria [Gauteng afdeling] ter bereiking van hierdie doelwit. [Die NWO (die Nebukadnesar beeld se voete van yster en klei) se teenpool is die Koninkryk soos beskryf in Dan.2:44. Die volgende Skrifte sluit daarby aan: Op.12:6,14, Jes.32, Sef.3, Sag.11-14, Mat.24 en Op.18:4.

MANDAAT:

Die parlementêre komitee belas met die besluit om Art.25 te wysig, het die publiek uitgenooi om hul ondersteuning of teenkanting statutêr te kenne te gee.

Op grond hiervan het die Gelofevolk Koördineringskomitee [GKK], wat ontstaan het tydens die 2009 Vegkop Volksvergadering met die doel om soewereiniteit binne Gelofteverband tot stand te bring, ‘n beswaarskrif opgestel en by die betrokke parlementêre komitee ingedien ten einde hul teenkanting te kenne te gee.

Hierdie beswaarskrif is beskikbaar by die volgende skakel: 2018 BESWAASKRIF M.B.T. ARTIKEL 25 WYSIGING:

Die GKK het ook die parlementêre komitee se sitting in Rustenburg bygewoon waartydens hul teenkanting voorgedra is. Sien die videos bladsy.

Die AKHBR vereenselwig hul met die beswaarskrif van die GKK, wat ‘n Geassosieerde Lid van die AKHBR is, welke dokument die ZAR en OVS as Godgegewe volksbesit beskou, en dit in dieselfde lig sien as Nabot se wingerd, en kan dit nie aan ‘n ander gesag afstaan nie, in besonder die NWO. In terme van die Vredesverdrag van Vereeniging en die Geloftes van Bloedrivier en Paardekraal, bly dit volksbesit. Die Bybelse Profesiee bevestig ook die doel van hierdie grondgebied.

President Ramaphosa se 27 April 2018 aankondiging van die totstandkoming van ‘n Nuwe Wêreldorde [NWO], en die stelselmatige inwerkingstelling daarvan met die Verenigde Nasies se Wêreld Gesondheidsorganisasie [WGO] se verklaring van COVID 19 tot wêreldwye pandemie, het die weerstand teen die wysiging van Art.25 irrelevant geraak.

Hierdeur bly die Geloftes van Bloedrivier en Paardekraal egter in gedrang en het elke volk op aarde se soewereiniteit en eiesoortige bestaansreg ook in gedrang gekom. Die NWO aanslag is veel erger as die wysiging van Art.25.

President Ramaphosa se Maart 2020 instelling van Rampbestuurswetgewing teen die agtergrond van die WGO se 2005/2007 International Health Regulations [IHR] mandaat [onderteken deur 194 lande], ondermyn die soewereiniteit van die parelement en is die Rampbestuurkomitee tans die regering. Hierdeur het ‘n staatsgreep in werklikheid plaasgevind onder die dekmantel van ‘n gefabriseerde pandemie [Sien die Global Preparedness Monitoring Board [GPMB] se Sept. 2019 en Sept. 2020 verslae].

Dit gee beslag aan pres. Ramaphosa en sy leierskap en hul lidmaatskap van verskeie internasionale organisasie se voorneme om ‘n NWO in te stel. Verder kom pres. Ramaphosa en Sy leierskap se aankondiging van ‘n NWO, neer op Hoogverraad deur die huidige grondwet te ondermyn en ondergeskik te stel aan Verenigde Nasies protokol. Dit is die AKHBR se burgerlike plig om die bestaande grondwet hoër te ag as Ramaphosa se verraad en die nodige stappe daarteen te neem. Vir alle praktiese doeleindes is die RSA reeds onderworpe aan Rampbestuurkomitee op sterkte van die WGO se IHR mandaat. Die Rampbestuurswetgewing werk vernietigende in op die ekonomie en die sosiale welstand van die bevolking en kan net slaag as dit onbestrede bly.

Teen hierdie agtergrond het die AKHBR ‘n aansoek op 17 Sept. 2020 in die Hooggeregshof in Pretoria geloods waarin regshulp gevra word vir die herstel van die soewereiniteit en eienaarskap van die internasionaal erkende Boererepublieke, tewete die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranje Vrijstaat [ZAR en OVS].

Die volgende dokumentasie hou verband met die herstel van die ZAR en OVS:

  1. Die outentieke Gelofte van Bloedrivier [1838, AANHANGSEL 1 ],

  2. Die Paardekraal Gelofte [1880, AANHANGSEL 2 ] en

  3. Die Vredesverdrag van Vereeniging [1902, AANHANGSEL 3 ], welke Verdrag erkenning daaraan verleen dat genoemde Republieke die eiendom van die burgers is - klousule 3. Volgens klousule 7 is selfregering onderhandel vir Transvaal en Vrijstaat, welke selfregering vóór Uniewording in werking gestel is. [Saamgelees met artikel 235 van die huidige Grondwet is hierdie ‘n legitieme aangeleentheid.]

Vir agtergrond-inligting sien die uitnodiging en besluite van die 2009 Vegkop Volksvergadering by:
1. VOLKSVERGADERING UITNODIGING VEGKOP
2. 2009-09-28 BESLUITE VOLKSVERGADERING

LIDMAATSKAP:

Enigeen wat weens pres. Ramaphosa se aankondiging van ‘n NWO, die Rampbestuurswetgewing en WGO regulasies m.b.t. gedwonge inentings as voorwaarde vir voortgesette deelname aan die samelewing, vertroue verloor het in die Nuwe Demokratiese RSA en selfbeskikking of soewereiniteit nastreef, is welkom om betrokke te raak by hierdie legitieme aksie en vir lidmaatskap aansoek te doen ten einde betrokke te bly in die daarstelling van ‘n menswaardige toekoms vir u en u nageslagte. Daar is verskillende kategorieë van Lidmaatskap, nl. Individuele, Geassosieerde en Geaffilieerde. Vir meer hieroor kies die LIDMAATSKAP opsie.

BEGINSELGRONDSLAG:

Die Gelofte, soos opgeteken in die joernaal van Jan G. Bantjes is bykans ses maande na die veldslag in die Kaapse koerant: De Zuid-Afrikaan, Vrydag den 14 Juny 1839 [AANHANGSEL 1] gepubliseer. Hierdie outentieke Gelofte is nie aan die nageslag oorgedra nie, maar die GBA Gerdener rekonstruksie, saamgestel uit dit wat Sarel Cilliers 30 jaar ná die veldslag op sy sterfbed kon onthou [AANHANGSEL 4] en die outentieke Gelofte. Hiervolgens kan gesien word dat die werklike ooreenkoms nie aan die volk oorgedra is nie, maar ‘n verkeerde weergawe, wat die vervulling van die regte kontrak tussen God en volk, verhoed - sien: Die outentieke weergawe van die Bloedrivier Gelofte (1838) - OUTENTIEKE GELOFTE VAN BLOEDRIVIER
Die feit dat die outentieke weergawe van die 1838 Gelofte nou eers onder die volk aanklank vind, het gemaak dat die nodige aandag aan die Stigting van hierdie Huis nou eers verleen word, en ingevolge die werksaamhede van hierdie Koalisie van Geloftepligtige volksgenote verdere beslag kry in die betekening van hofstukke in die Hooggeregshof teen die relevante rolspelers weens die aangekondigde instelling van ‘n NWO waardeur die huidige grondwet sal verdwyn en waardeur Godgegewe-eiendom in die gedrang gebring is.

Die Koalisie [AKHBR] kan die instelling van die NWO nie onbestrede laat nie, en wel om die volgende redes:

  1. Soos wat Nabot nie gehoor gegee het aan koning Agab se onwettige aandrang op sy Godgegewe-eiendom nie [1 Kon.21:3], kan hierdie Koalisie ook nie die instelling van die NWO onbestrede laat nie. Ingevolge die Geloftes van Bloedrivier en Paardekraal is die ZAR en OVS Godgegewe eiendom van die burgers van dié Boererepublieke en hul nageslag.

  2. Die Paardekraal Gelofte, wat tydens die Britse anneksasie van Transvaal [aan die vooraand van die Eerste Vryheidsoorlog], voorwaardelik aangegaan is tussen die burgers van die ZAR/OVS en God Almagtig, bepaal dat: As die HERE hul land aan hulle terug sou gee, hulle as Volk elke jaar te Paardekraal byeen sou kom om die Gelofte van Bloedrivier te betaal. Die OVS het weens ‘n ooreenkoms wat gedurende 1872 aangegaan is, die ZAR bygestaan. Die finale oorwinning van die burgers van die ZAR en OVS oor die invalsmag van die magtige Britse Ryk op 27 Feb. 1881 te Majuba, was God Almagtig se bekragtiging van die Paardekraal Gelofte. Dit beteken dat die ZAR en OVS Godgegewe-eiendom is van die Burgers van die onderskeie Boererepublieke, asook hulle nakomelinge [sien ook die laaste bepaling van die Bloedrivier Gelofte]. Die klousule van die Bloedrivier Gelofte m.b.t. die stigting van die Huis waar dit God sal behaag, is hiermee uitgeklaar.

  3. Op sterkte van die oorspronklike bewoording van die Gelofte van Bloedrivier [9-16 Des. 1838], moet ‘n Huis gestig word ter ere van God se Groot Naam waar dit Hom behaag [AANHANGSEL 1]. Hierdie Huis, wat neerkom op ‘n Teokrasie, is nog nie gestig nie. Dit is nie die sogenaamde Geloftekerk te Pietermaritzburg nie – sien: Die vervulling van die 1838 Gelofte – REFERAAT VERVULLING VAN DIE 1838 GELOFTE

  4. C. Binne Bybelse profetiese verband sal die Koninkryk van Dan.2:44 nie onderworpe wees aan die Babiloniese NWO van die eindtyd nie, maar die Koninkryk sal wees wat 1000 jaar sal heers met die val van die Bybels geprofeteerde Babiloniese bestel. Logies gesproke kan ‘n Bybelse Teokratiese bestel nie onderworpe was aan ‘n aardse gesag, soos die NWO, nie. ‘n Bybelse Teokrasie is ‘n bestel wat deur God Almagtig regeer word.

Hierdie Koalisie beywer hul hiermee om ook hierdie Huis te stig. Daarbenewens word die volk ingelig wat hul eintlike pligte is m.b.t. die Geloftes van 1838 en 1880, waardeur die volk hul opnuut op die Dieper Reg beroep.

Vrede


Selfbeskikking: 235. Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking, soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van die reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat 'n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ʼn  territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.

1 Kon.21:3  Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag die HERE my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee! [Num.26:53-55].

Ons doel - Om die soewereiniteit van die Zuid-Afrikaansche Republiek [ZAR] en die Republiek van die Oranje Vrijstaat [OVS] te herstel op grond van ons Geloftes, die Vredesverdrag van Vereniging en Bybelse eindtyd profesie.