Aansoek om Lidmaatskap

Met die druk van die Lidmaatskap-opsie  van u keuse kry u met die invul van u besonderhede voorlopige lidmaatskap, wat volgens die Grondwet van die AKHBR deur die Uitvoerende Komitee [UK] hanteer sal word.

’n Lid [Individuele lid] sal iemand wees wat deur die UK goedgekeur is op sterkte daarvan dat hy of sy hierdie Grondwet onderskryf en hom / haar vereenselwig met die volgende gebeurtenisse in die geskiedenis van Suid-Afrika:

  1. Die Van Riebeeck Gelofte (1654) en die gepaardgaande vestiging van die Protestantse beskawing,  
  2. Die Groot Trek uit die destydse Kaapkolonie wat in 1837 begin het en die redes daarvoor;
  3. die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838,
    a) die regstreekse oorsake wat tot die Gelofte van Bloedivier gelei het en die gevolge daarvan,
  4. die Geloftes van Bloedrivier (1838) en Paardekraal (1880);
  5. die stigting van die onafhanklike republieke, naamlik die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranje Vrystaat;
  6. die Vryheidsoorlog van 1880-1881 en die Anglo-Boereoorlog van 1899–1902;
  7. die vryheidsvlag van bogenoemde twee republieke, bekend as die ’Vierkleur’;
  8. die Vredes verdrag van Vereeniging (beter bekend as die Vrede van Vereeniging);
  9. die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910;
  10. en die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika in 1961 tot met die referendum in 1992.

Dokumentasie ter toeligting van bogenoemde vereistes is beskikbaar op aanvraag by: inligting@boererepublieke.org

Geassosieerde lidmaatskap het dieselfde vereistes as Individuele lede, maar is meer op groepe en organisasies gerig.

Geaffilieerde lidmaatskap kan deur die UK toegeken word aan enige organisasie, netwerk, assosiasie of individu wat met die AKHBR geaffilieer wil word, wat:
hierdie Grondwet onderskryf
  • a) met die behoud van sy eie onafhanklike regspersoonlikheid. [Geen lid aan wie geaffilieerde lidmaatskapstatus deur die UK toeken word, sal enige regspersoonlikheid met die AKHBR deel nie.]
  • b) sonder om hul noodwendig met die gronde soos in par. 3.1 in die Grondwet  uiteengesit is, te vereenselwig. [Dieselfde as punte 1-10 hierbo].

Individuele Lid

Voorletters en Van *

Noemnaam *

Eposadres *

Land

Provinsie

Dorp of stad 

Selfoon / Telefoon nr

Beroep

Kwalifikasie(s)

Ons doel - Om die soewereiniteit van die Zuid-Afrikaansche Republiek [ZAR] en die Republiek van die Oranje Vrijstaat [OVS] te herstel op grond van ons Geloftes, die Vredesverdrag van Vereniging en Bybelse eindtyd profesie.